Die Van Eeden Colony is geinspireer deur die Nederlandse schrijver, dichter, dokter, hypnotiseur en wereldverbeteraar (Van den Broeck 2009:95 [skrywer, digter, dokter, hipnotiseur en wereldverbeteraar]), Frederik van Eeden, wat teen die einde van die negentiende eeu 'n landboukolonie, genaamd Walden, in Nederland op die been gebring het om as teenvoeter vir die kapitalistiese sisteem te dien.
Die distopiese toestande in Terug naar Walden word in die laaste paar bladsye van die roman gevolg deur 'n utopiese toneel wanneer Ruler Marsh in Walden naby Bussum in Nederland 'n anachronistiese ontmoeting met Frederik van Eeden het.
Frederik van Eeden het ook 'n liefde vir die natuurlewe gekoester en het bowendien daarna gestreef om soos Herman Gorter, sy mede-Tagtiger, en Henriette Roland Holst van der Schalk sosialistiese waardes uit te leef.
Die fokus word gerig op dit wat sou kon gebeur in die geskiedenis indien Frederik van Eeden sy projek anders aangepak het.
Van den Broeck se utopiese heroorweging van Frederik van Eeden se Walden-projek as 'n moontlike teenvoeter vir die globale kapitalisme vertoon interessante ooreenkomste met die begrip van die gemene oftewel die gedeelde [the common] wat in die drieledige werk oor globalisering van Michael Hardt en Antonio Negri, bestaande uit Empire (2000), Multitude (2005) en Commonwealth (2009), 'n nuwe betekenisvolheid verkry het.
In die afwesigheid van 'n oortuigende alternatief vir die kapitalistiese stelsel aan die begin van die een-en-twintigste eeu is dit begrypUk dat skrywers wat na 'n sosiaal verantwoordelike bestel verlang in hul utopiese soeke sal terugkeer na die verlede om onontginde moontlikhede in sosialistiese eksperimente soos die van Frederik van Eeden te gaan soek.
Fontijn, J., 1990, Tweespalt: Het leven van Frederik van Eeden tot 1901, Em.